top of page
Clean Beach
EGLogo
About Section

Aftrede met Gemoedsrus

Eedenglen Aftree-oord is geleë in die pragtige kusdorpie Jeffreysbaai in die Kouga munisipaliteit van die Oos-Kaap. Jeffreysbaai is bekend vir pragtige strande waar dolfyne en walvisse gereeld gesien word. Die dorp is ideal geleë vir daguitstappies na die Addo Olifantpark, die Tuinroete en die Baviaanskloof.

​

Dit is die ideale aftreeplek in ‘n rustige, plattelandse omgewing, maar tog net 45 min weg vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) waar daar hospitale en spesialis mediese dienste asook ‘n lughawe en groot inkopiesentrums is. Jeffreysbaai beskik self oor die noodsaaklike dienste soos huisdokters, tandartse en ander mediese dienste, genoegsame inkopiesentrums, top restaurante, koffiewinkels en vele meer.

​

Eedenglen Aftree-oord is uitstekend geleë aan die oostekant van die dorp met ‘n asemrowende uitsig oor die Kabeljaauws strand.

​

Spandeer gerus tyd om ons webblad te verken en vind uit oor die uiteenlopende verblyf opsies en omvattende dienste wat ons vir ons afgetrede eienaars en inwoners bied: 

bottom of page