Verblyf Opsies
Eedenglen Aftree-oord beskik oor verskeie behuisingsmoontlikhede van enkel woonstelle tot ruim woonhuise.
Vrypag Huise
Hierdie ruim woonhuise wissel in uitleg en grootte, aantal slaapkamers en badkamers, garages en tuinarea. Paaie en sypaadjies word onderhou deur die Oord.
​
Onderhoud aan die tuine en huise word deur die inwoners self gedoen. Die huise word privaat besit en die eienaars vorm die Huiseienaarsvereniging.
​
Inwoners het toegang tot tuissorgdienste, noodbystand en die ander fasiliteite van die Oord.
Deeltitel Eenhede
Hierdie skakelhuise het 2 of 3 slaapkamers met ‘n garage en klein tuin.
​
Die paaie en sypaadjies word onderhou deur die Oord asook die buitekant van die gebou en rondom die eenheid, insluitend tuindienste.
Die huise word privaat besit en vorm die Regspersoon wat deur die Raad van Trustees bestuur word.
Inwoners het toegang tot tuissorgdienste, noodbystand en die ander fasiliteite van die Oord.
​
Lewensreg Eenhede
Een slaapkamer en enkeleenhede lewensreg eenhede met ‘n klein kombuis en aparte badkamer elk. Die tuine rondom die eenhede is gemeenskaplik en onderdak parkering is beskikbaar.
​
Daar is ‘n gemeenskaplike tuin vir die inwoners en onderhoud aan die eenhede asook skoonmaakdienste is ingesluit. Inwoners kry daagliks ‘n middagete in die eetsaal.
​
Inwoners het toegang tot tuissorgdienste,noodbystand, washuisdienste en die ander fasiliteite van die Oord.
​
Die eenhede word verhuur/verkoop en bestuur deur die Eedenglen Versorgingseenheid.
Versorgings Eenheid
Die Oord beskik oor ‘n moderne, goed toegeruste 30-bed Versorgings Eenheid. Die Eenheid is geregistreer by die Departement van Gesondheid sowel as die Departement van Sosiale Ontwikkeling.
​
Akkomodasie by die Versorgings Eenheid bestaan uit ‘n 4-bed saal, 18 enkel kamers, en 8 en-suite kamers. Die Eenheid beskik oor ‘n eetkamer asook ‘n gemeenskaplike sitkamer.
​
Die volgende gesondheidsdienste word deur ‘n span opgeleide verpleegkundiges en versorgers gelewer:
-
permanente versorging van verswakte bejaardes
-
rehabilitasiedienste na hospitalisasie
-
korttermyn opnames
-
terminale versorging