top of page

FASILITEITE

Eedenglen bied inwoners toegang tot 'n verskeidenheid fasiliteite 

Biblioteek

‘n Goedtoegeruste biblioteek is geleë in die kantoorgebou waar inwoners boeke kan uitneem. Biblioteekure:
Maandag 9:00 – 11:00

Eredienste

Inter-denominale Eredienste word op Sondae 10:00 in die saal by die kantoorgebou gehou.

Etes

Inwoners kan heerlike warm middagetes bestel vanaf die kombuis. Etekaartjies is beskikbaar by die kantoor en bestellings kan by die kombuis geplaas word op ‘n gereelde basis of eenmalig. 'n Aflewerings diens is beskikbaar vir alle inwoners binne die oord.

Haar Salon

Die oord het 'n professionele haarsalon wat geleë is in die administrasie gebou en is oop vanaf Dinsdag tot Vrydag. Dalene en Natalie is beskikbaar vir afsprake.

Ontspanning en Dam Area

Eedenglen het ‘n pragtige groen area met ‘n waterstroom en dam. Die area bied ’n asemrowende uitsig oor die see en pragtige tuine wat versier is met beeldhouwerk deur Renier Viljoen, een van ons inwoners. Daar is ’n wandelpad wat strek rondom die dam, ’n onderdak sit-area, rusbankies en ‘n boules-baan. Die area is ‘n gunsteling vir veral voëlkykers en ons viervoetige inwoners.

Posbusse

Daar is geen posaflewering binne die oord nie, maar Eedenglen beskik oor posbusse wat gerieflik geleë is naby die ingang. Posbusse kan by die kantoor gehuur word.

Sekuriteit

Eedenglen bied 24-uur sekuriteit met toegangsbeheer asook ook elektriese heinings en kringtelevisie monitering.

Vervoer

Eedenglen beskik oor ‘n bussie wat inwoners op gereelde tye vervoer na winkel sentrums en die dorp vir inkopies. Die bussie is ook beskikbaar vir ander uitstappies.

Was Dienste

Washuisdienste word gebied aan inwoners van die Protea en Betcare Lewensreg woonstelle en die Versorgingseenheid, en is ook beskikbaar vir gebruik deur ander inwoners van die Oord teen 'n tarief.

bottom of page