Gesondheids Dienste
Eedenglen Aftree-oord beskik oor 'n moderne, goed toegeruste Versorgingseenheid en het ‘n span opgeleide verpleegkundiges en versorgers wat gesondheidsdienste aan die Oord verskaf.
Versorgings Eenheid
Eedenglen beskik oor ‘n moderne, goed toegeruste 30-bed Versorgings Eenheid. Die Eenheid is geregistreer by die Departement van Gesondheid sowel as die Departement van Sosiale Ontwikkeling.
​
Akkomodasie by die Versorgings Eenheid bestaan uit ‘n 4-bed saal, 16 enkel kamers, 3 ruim enkel kamers en 7 en-suite kamers. Die Eenheid beskik oor sy eie eetkamer asook ‘n gemeenskaplike sitkamer. Inwoners het toegang tot die haarsalon wat op die perseel geleë is.
.
Die volgende gesondheidsdienste word deur ‘n span opgeleide verpleegkundiges en versorgers gelewer:
-
permanente versorging van verswakte bejaardes
-
rehabilitasiedienste na hospitalisasie
-
korttermyn opnames
-
terminale versorging
​
Kontak ons gerus vir die huidige tariewe.
Tuissorg
Die doel van Eedenglen se omvattende tuisversorgingsdienste is om dit vir inwoners van die oord moontlik te maak om so lank as moontlik in die bekendheid van hul eie huis versorg te word.
Dienste wissel vanaf weeklikse medikasiekontrole tot volledige daaglikse sorg. Tuisversorging poog om hul dienste sover as moontlik by elke inwoner se individuele behoeftes aan te pas.
Kontak ons gerus vir die huidige tariewe.
Kliniekdiens
Personeel van Tuisversorging bied gedurende die week ‘n kliniekdiens aan inwoners vir onder andere neem van bloeddruk, uithaal van steke, ens. Dienste is gratis en inwoners betaal slegs vir mediese voorraad wat gebruik is. Hierdie diens is beskikbaar by die kantoorgebou vanaf 10:00 tot 12:00, Maandag tot Vrydag.