

Eedenglen Afree Oord het 'n stel gedrags reëls waaraan alle inwoners van die Oord onderhewig is. Die reels is opgestel en verfyn oor die amper twee dekades wat Eedenglen bestaan om te verseker ons konformeer aan die wet op aftree oorde en om seker te maak dat almal in harmonie saam bestaan.
​
Kliek hier vir 'n afskrif van die huidige gedrags kode
Die minimum ouderdom om in die Oord te woon is 50 jaar oud en daar is nie 'n maksimum ouderdom soos by sommige ander aftree oorde nie.
Alhoewel ons nie 'n maksimum ouderdom het nie, moet elke nuwe intrekker medies gekeur word deur die Mediese Toegangs Komitee om te verseker dat Eedenglen wel in staat is om aan inwoners se mediese behoeftes te voldoen.
​
Die huidige Gesondheids Dienste Vorms is beskikbaar by ontvangs of deur epos, stuur 'n epos aan reception@eedenglen.co.za.
Troeteldiere word wel toegelaat in die Vrypag en Deeltitel areas. Slegs klein ras hondjies mag aangehou word. Geen groot ras honde word toegelaat nie. Slegs een hond per huishouding word toegelaat. Indien ʼn inwoner tans meer as een hond het en een hond gaan dood, mag dit nie vervang word nie.
Katte en honde moet gesteriliseer wees en moet snags binnenshuis gehou word. Inwoners kan versoek word om op navraag ʼn veearts se sertifisering van sterilisasie te toon.
Voëls mag binnenshuis in koue aangehou word. Geen voëls mag in hokke buite huise aangehou word nie.
Eedenglen is reeds 100% ontwikkel, maar daar kom gereeld eiendomme op die mark wat gekoop of gehuur kan word.