Bestuur en Struktuur van Eedenglen
Eedenglen Afree Oord bestaan uit drie verskillende entiteite, die Huis Eienaars Vereniging (HEV) (Vrypaghuise), die Regspersoon (Deeltiteleenhede) en die Versorgings Eenheid (Frail Care Association). Die Raad van Trustees (Deeltiteleenhede) en Direksies (HEV en Versorgingseenheid), aan wie die Oordbestuurder verslag doen, verteenwoordig die eienaars in alle aangeleenthede rakende die Oord. Direkteure en Trustees word verkies tydens die Algemene Jaarvergaderings.
​
Alle eienaars van eiendom in die Oord, wie se betaling van heffings op datum is, is stemgeregtig by die Algemene Jaarvergaderings (AJV) of enige Spesiale Algemene Vergaderings van hulle onderskeie entiteite.
​Komitees is saamgestel om namens die Direksie om bepaalde take te verrig. Die komitees bestaan nie in eie reg nie, maar beskik oor gedelegeerde bevoegdhede en moet verantwoording doen aan die Direksie en Trustees. Benewens die feit dat hulle bepaalde take van die Direksie/Trustees oorneem, verlig dit ook die werkslas van die Oord se personeel. ‘n Bykomende voordeel is dat dit inwoners van die Oord inspraak gee in sake wat hulle as inwoners direk raak. ‘n Groter betrokkenheid van inwoners lei ook tot groter deursigtigheid en ‘n samehorigheidsgevoel.
​
Finansiële Komitee:
Oorweeg alle aangeleenthede van ‘n finansiële aard en handel sake af of maak aanbevelings daaroor aan die Direksie/ Trustees.
​
Uitvoerende Komitee:
Oorweeg dringende sake tussen Direksievergaderings en handel sodanige sake af of lê dit voor aan die Direksie /Trustees vir oorweging of kondonering.
​
Terrein Komitee:
Help die Bestuurder: Tegniese Dienste en die Terreinbeampte met die identifisering van knelpunte in die infrastruktuur, die prioritisering van behoeftes en die daarstelling van ‘n instandhoudingsprogram vir die infrastruktuur van die Oord. Die Terreinkomitee evaleer ook die veiligheidsmaatreëls wat in die Oord geïmplementeer is op ‘n gereelde basis en lewer insette in die verband aan die Direksie /Trustees.
​
Indien u betrokke wil raak of meer inligting verlang, kontak ons gerus.
​
​
Ontmoet die Bestuurspan
Dirk Botha
Oordbestuurder
Alta Vermaak
Bestuurder: Gesondheids Dienste
Johanita Lötter
Tuissorg Dienste
Nico Potgieter
Tegniese Beampte
Christine Higgs
Bestuurder: Finansies
Myrtle Heystek
Hoof Administratiewe Dienste
Kobus Ellis
Bestuurder: Tegniese Dienste